2012-07-22

Gedenkwaardighede 1988


Gedurende die eeufees is daar talle gedenkwaardighede te koop aangebied. Onder andere 'n kaart van Frankryk wat wys uit watter streek die verskillende families (vanne) vandaan kom.
Ook is daar 'n kaart van Suid Afrika wat die plase aandui wat aan Hugenote toegewys is. Ongelukkig vertoon dit te klein op die 'blog' om as naslaanbron te dien.
Interessantheidshalwe wys ek egter die grondbrief van die plaas wat aan Charles Marais toegeken is - 'Le Plessis Marle' is vernoem na die dorp van sy herkoms.

1 ons Protea goue munt
Das met Hugenotekruis
Afskrif van die grondbrief vir die plaas Le Plessis Merle van 60 morge Rynlandse maat (51,4 ha) naby Simondium, wat aan Charles Marais toegewys is, uitgereik namens goewerneur Simon van der Stel "en zynen Raden" geteken deur sekretaris J G de Grevenbroek.
Die plaasnaam is sederdien verander na Plaisir de Merle - in beeld soos die hoof ingang in 1988 gelyk het.
Soos Plaisir de Merle nou daar uitsien.













2012-07-02

Franschhoek (16/04/1988)

Hugenote-Monument
Vlaghysingseremonie

Herboude Kales soos gery deur Simon van der Stel tydens sy besoek aan die kopermyn in Namakwaland

Vlotte wat die koms van die Hugenote aan die Kaap uitbeeld op pad na die monument.
foto verskaf deur Dr Marthinus Jordaan
Families
Heroute
Hugenote-geselskap
Besienswaardighede soos die Stoomtrekker
Skare in Hugenootweg met Monument in die agtergrond
Replika van draagbare kateder. Waar die Hugenote in Frankryk dikwels in die geheim moes aanbid, is van sodanige kateders gebruik gemaak. Dit kon uitmekaar gehaal word en die stukke by verskillende gesinne aan't huis versteek word.
Verbyvlug van die lugmag se Silwer Valke. (Kort hierna het een van die Silwer Valke neergestort - foto verskaf deur Dr Marthinus Jordaan)

Familiefeeste 1988

Viljoen familiefees wat ten tye van die Hugenote 300 fees gehou was – die klomp het by mekaar gekom op Idasvallei, die stamplaas in Stellenbosch