2012-07-22

Gedenkwaardighede 1988


Gedurende die eeufees is daar talle gedenkwaardighede te koop aangebied. Onder andere 'n kaart van Frankryk wat wys uit watter streek die verskillende families (vanne) vandaan kom.
Ook is daar 'n kaart van Suid Afrika wat die plase aandui wat aan Hugenote toegewys is. Ongelukkig vertoon dit te klein op die 'blog' om as naslaanbron te dien.
Interessantheidshalwe wys ek egter die grondbrief van die plaas wat aan Charles Marais toegeken is - 'Le Plessis Marle' is vernoem na die dorp van sy herkoms.

1 ons Protea goue munt
Das met Hugenotekruis
Afskrif van die grondbrief vir die plaas Le Plessis Merle van 60 morge Rynlandse maat (51,4 ha) naby Simondium, wat aan Charles Marais toegewys is, uitgereik namens goewerneur Simon van der Stel "en zynen Raden" geteken deur sekretaris J G de Grevenbroek.
Die plaasnaam is sederdien verander na Plaisir de Merle - in beeld soos die hoof ingang in 1988 gelyk het.
Soos Plaisir de Merle nou daar uitsien.













Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Dankie